Belê my geld? Begin so!

Thys van Zyl, hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth (Foto verskaf)

Deur Thys van Zyl – hoof van produkontwikkeling by Everest Wealth

Deur jou geld reg te belê, verseker jy dat jy ’n gebalanseerde portefeulje bou wat ’n konstante groei en inkomste op jou belegging kan fasiliteer. Daar is hoofsaaklik twee maniere om jou spaargeld te belê: tradisionele markte en moderne beleggingsoplossings.

Hierdie artikel fokus op laasgenoemde. Die bekendste voorbeeld van ’n moderne oplossing is om in privaat ekwiteite te belê. Die voordele om in privaat ekwiteite te belê, sluit die volgende in:

  1. Konstante opbrengste: Beleggings in privaat ekwiteite bied ’n konstante opbrengs oor ’n vaste tydperk. Hierdie voordeel skep sekerheid van die beleggingsuitkomste en fasiliteer dus akkurate finansiële beplanning.
  2. Diversifikasie: Beleggings in privaat ekwiteite kan gediversifiseer word deur verskillende faktore soos industrieë en bateklasse om die algehele risikoprofiel só te versprei dat die individu beskerm word.
  3. Toegang tot eksklusiewe beleggingsgeleenthede: Beleggers van privaat ekwiteite het toegang tot unieke geleenthede deur middel van die deelname in die prestasie van die onderliggende bates, wat nie direk vir die algemene publiek beskikbaar is nie.
  4. Belastingsdoeltreffendheid: Beleggers kan voordeel trek uit doeltreffende belastingadvies waar die opbrengste uitbetaal word in die vorm van byvoorbeeld dividende, wat teen ’n vaste belastingskoers van 20% in Suid-Afrika belas word.

Hoe jy kan in privaat ekwiteite belê?

  1. Skryf jou beleggingsdoelwitte neer en die rede waarom jy geld wil belê. Is dit dalk om kapitaal te verseker vir aftrede? Of dalk wil jy spaar vir ʼn deposito om ʼn bate te kan koop? Of dalk wil jy geld wegsit vir jou kind se studies?
  2. Doen navorsing oor beleggings in privaat ekwiteite, die risiko’s en moontlike voordele daarvan.
  3. Oorweeg dit om saam met ’n finansiële adviseur of beleggingspersoon te werk wat ondervinding in privaatekwiteite-beleggings het.
  4. Bepaal hoeveel rand jy kan belê en skep ‘n begroting vir jou beleggings.
  5. Vind uit oor ​​die fooie en kostes daaraan verbonde om die belegging te maak en maak seker jy verstaan hoe die prosedure werk.
  6. Monitor jou beleggings gereeld en wees bereid om aanpassings te maak om te verseker dat jou belegging in lyn bly met jou finansiële doelwitte.

Wanneer jy ’n persentasie van jou salaris spaar deur te belê, verseker jy dat ’n deel van jou inkomste weggesit word. Wanneer jy jou hele inkomste spandeer, is jy in dieselfde posisie as wat jy gister was.

Stuur gerus die woord “PRIVAAT” na 45906 of besoek ons webtuiste by www.everestwealth.co.za om uit te vind hoe jy in privaat ekwiteite kan belê. SMS’e kos R2,00. B’s & V’s geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.